Ons Storie


Op ‘n warm somersaand van ons gr.11-jaar het een warm soen in ‘n parkie gelei tot ons lewenslange liefde wat ontvou.

Daarna het vele na-skoolse oor-en-weer gekuier op Anchen se poegie in hul matriek van 2013, tussen Brackenfell en Kuilsriver, gesorg vir dinge om offisieel en ernstig te raak.


Nadat Anchen haarself en Duan toe deur matriek gekry het, kon ons gaan swot en ons lewens afskop waar ons net nog meer verdiep in liefde vir mekaar geraak het.


Ons paaie moes amper skei in April 2018 toe Duan verhuis het na Pretoria opsoek na beter werksgeleenthede, maar met die nuus dat Anchen gelys moet word vir ‘n lewensbelangrike dubbele longoorplanting in Augustus daardie selfde jaar, het Duan nie tweekeer daaroor gedink om terug te kom nie. Duan wou hier wees om alles wat na ons kant toe sou kom, goed of sleg, aan te pak- saam! 


Na Anchen se longoorplanting in Oktober 2018 plaasgevind het, het hy na meer as 5 jaar se verhouding en alles wat hulle saam moes deurgaan besluit dat hierdie is die vrou wat ek nie wil verloor nie. Hierdie is die vrou met wie ek die res van my lewe wil spandeer. 


Ek neem aan baie dinge gaan deur jou gedagtes wanneer jy vir 9 ure sit en wag vir ‘n geliefde om lewendig uit ‘n teater gestoot te word met iemand anders se organe in hul borskas…

En nou, na meer as 7 jaar wat ons al onafskeidbaar deel van mekaar se lewens is. Ons 7 x 7 sakke sout al saam gedra het en daar nog 7 x 7 voorlê, gaan ons offisieël trou.


Twee harte, twee siele, twee lewens en gesinne raak uiteindelik een.


Tydlyn

26/12/12 – Ontmoet by ‘n gemeenskaplike vriendin se huis vooraf gereël op boxing day. Sy wou baie graag hê ons moes ontmoet, want “Duan is so sexy- julle gaan so sexy saam wees!”

10/05/13 - Gaan amptelik offisieel uit.

13/10/18 – Anchen ontvang haar skenkers-longe en haar tweede kans op lewe word gebore.

13/10/19 – Duan vra haar om te trou by JC Le Roux een jaar later op haar herdenking van ‘n nuwe lewe en ter viering van ‘n nuwe lewe saam.